top of page
Leah Kloppers

Werkesel leef in harmonie met sy drome

Oud-Helpie, Gustav Klingbiel, (matriek, 2019) is deesdae by die koor en orkes

betrokke en hy geniet dit om steeds deel van die Helpie-familie te wees.

“Helpmekaar het vir my ʼn werksetiek geleer wat my toelaat om my grootste doelwitte

aan te pak,” vertel hy. Volgens Gustav het Helpmekaar hom geleer om sy passies en

verantwoordelikhede te balanseer. Herinneringe van die musiekblyspel, koortoere en

al die harde werk staan vir hom die meeste uit. Gustav sê: “Daar was nooit ʼn tekort

aan werk nie, maar dit het vir my al die wapentoerusting gegee wat ek nodig het om

die grootmenswêreld aan te pak.”


In 2019 het Helpmekaar baie anders gelyk: Die Di Hub en die Dis-100-standbeeld op

die parkeerterrein was nog maar slegs gedagtes. Buiten vir dié veranderinge, vertel

Gustav: “Die skool werk nog presies dieselfde as in 2019. Daar is steeds ʼn dryf om

alles tot die beste van jou vermoë te doen en om nooit terug te staan vir ʼn uitdaging

of geleentheid nie.”


Op die oomblik is Gustav besig met sy honneursgraad in Aktuariële Wetenskap by

WITS. Hy het in 2022 sy BSc-graad in Aktuariële Wetenskap met cum laude verwerf.

Gustav wil eendag ʼn gekwalifiseerde aktuaris word. Hy glo dat daardie beroep nie

net sy gretigheid vir syfers en wiskunde stimuleer nie, maar dat dit die beste platform

bied om probleme regoor die wêreld op te los.


Musiek vorm nog altyd deel van Gustav se identiteit. Hierdie passie het ontwikkel toe

hy in gr. 7 by die Drakensbergse Seunskoor aangesluit het. “Ek spandeer baie tyd

aan my studies, maar dit is vir my baie belangrik om ʼn uitlaatklep vir stres en

kreatiwiteit te hê en daarom speel musiek ʼn groot rol in my lewe,” vertel hy. In

Gustav se musiekloopbaan, het hy al in programme, soos 7de Laan en Top Billing

gesing. Hy vind aanklank by klavier en perkussie. Gustav kan tower met klawers,

daarom presteer hy op die hoogste vlak van musiek-evaluering en slaag hy sy gr. 8

ABRSM-klaviereksamen met lof.


“Ek wil graag aanhou om leerders te inspireer, deur my musiektalent te gebruik, om

nooit hulle passies op te gee vir akademie nie,” se Gustav. Volgens hom is niemand

volmaak as hulle net op werk konsentreer nie.



Related Posts

See All

Comments


bottom of page