top of page
Leah Kloppers

Vox pop: Wat is een ding wat jy wens jy in graad 8 geweet het?

Leah Klopper het 'n paar matrieks vlak voor hulle rekordeksamen gepols oor wat hulle vir hulle jonger self as raad sou aanbied.


Carlin Malan

Jy moet getrou aan jouself wees en styf aan jou individualisme vashou. Niemand mag dit van jou af wegneem nie.



Chanel Malan


Vyf jaar is lank… alles hoef nie in graad 8 al perfek te wees nie.





Pieter Möller

Dinge in die lewe gaan nie altyd jou manier gaan nie, maar dit bou karakter. Die Here se plan sal altyd uitwerk – geduld, geloof en konstante harde werk is die sleutel tot sukses.


Ané Mills

Ek wens ek het verskillende, unieke sporte probeer.



Henri Britz

Ek wens ek het die verskillende skoolgeboue se name geken: wat is die Verre Weste en wat is die Verre Ooste! Dit sou my lewe in graad 8 baie makliker gemaak het.


 Emma Ackerman

Ek het eers in graad 11 en matriek baie hartsmense ontmoet. Ek wens ek het vroeër met mense gesosialiseer, want dan het ek langer tyd met goeie vriende spandeer.


Kutlawno Morake

My bene sal nooit gewoond raak aan al die trappe nie!





Liza-Louise Els

Ek wens ek het geweet dat almal foute maak en die mag van magteloosheid verstaan. Ek weet ook nou dat ek nie deur my foute bepaal word nie, maar eerder deur hoe ek die volgende dag by die skool opdaag en daaruit leer.


Ryan Smith

Almal was net so bang soos ek vir die onbekende avontuur. Al verskil tussen jou en die persoon langs jou, is hoe goed hulle die vrees kan wegsteek.


Siyanda Diyanti

Ek wens ek het geweet dat ek mense sal ontmoet wat my lewe sal verander en dat ek nooit alleen deur moeilike tye hoef te gaan nie.

Related Posts

See All

Comments


bottom of page