top of page
Ewan Basson

Volschenk, die volgende sensasie?

Jenna Volschenk (gr. 11) het ‘n tweede plek behaal by die Nasionale Toneelkompetisie in Kaapstad. Jenna sê dat sy baie bevoorreg voel om hierdie prestasie te behaal. Die Helpie-Flitse het met haar oor hierdie besondere prestasie gaan gesels.


Wat het die kompetisie in Kaapstad behels en wat was jou prestasie?

Die kompetisie het verskeie afdelings behels wat in vier rondtes verdeel was. Hierdie rondtes het o. a. bestaan uit die opvoer van ‘n monoloog, prosa en gedig, improvisasie asook radio- en TV-opnames. In die finaal moes ons ‘n program opvoer wat bestaan het uit ons monoloë, prosastukke en gedigte. Ek was algeheel tweede in die land.

Waar het jou liefde vir drama ontstaan?

Ek dink ek het nog altyd ‘n onderliggende liefde vir die verhoog gehad omdat ek meer ‘n ‘kultuur-dier’ as ‘n sport kind was. Ek het egter eers drama in hoërskool begin doen en na my eerste oudisie vir Helpmekaar Kollege se tienertoneel in graad 7, het ek gedink: “Ek het uiteindelik my ‘sport’ gekry.”


Hoekom is drama vir jou belangrik?

Sjoe, daar’s so baie om te sê. Ek dink drama is vir my belangrik omdat dit my baie naby aan God laat voel. Om ook Oscar Wilde aan te haal: “I regard the theatre as the greatest of all art forms, the most immediate way in which a human being can share with another the sense of what it is to be a human being.”


Hoe was die kompetisie vir jou en wat was jou ervaring?

Ek dink nie ek het al begryp wat gebeur het nie, om eerlik te wees, maar wat ek wel kan sê is dat dit sover die naaste ding in my lewe was aan ‘n droom wat waar geword het.


Wat is jou gunsteling aspek van drama?

Die geld. Grappie, daar is geen nie. Ek dink ek het verlief geraak op die adrenalien en ‘vuur’ wat ek voel wanneer ek agter die gordyne staan, wat dan in absolute vrede verval sodra ek op die verhoog kom.

Related Posts

See All

Comments


bottom of page