top of page
Paul Bester

Veelsydige Waldri ‘pas nie in boksie’


Dit is geen wonder dat ’n mens Waldri Viljoen (gr. 12) se krulkop oral by die skool sien nie. Sy het ’n lys talente en titels: fietsrykaptein, Helpie-Flitse-spotprenttekenaar en kunstenaar.


Waldri slyp haar kunstalente deur met haar ma se kunsbesigheid te help. Sy beskou kuns as belangrik vir die samelewing. “Kunstenaars het ’n unieke manier om mense te kry om nuwe idees te verstaan,” verduidelik sy. In haar skaars vryetyd pas sy haar vrygewige geaardheid en liefde vir kuns toe op kunsklasse en gemeenskapsprojekte.

Sy en haar ouer boetie, Wil, is al van kleintyd af onafskeidbaar. Waldri sê haar ondersteunende familie en vriende help haar om haarself te wees. Al probeer sy hoe hard, “kan ek nie soos iemand anders wees nie … Ek kan nie in ’n boksie gepas word nie.”


Haar waterverfskilderye van blomme, bome en berge asook haar vermoë om talle voëls na te aap, illustreer haar liefde vir die natuur. Waldri beplan om Ekologie by die Universiteit van Pretoria te studeer. Sy is nie presies seker wat sy met haar graad gaan doen nie, maar sy weet wel sy wil ’n nie-winsgewende organisasie stig om die natuur en sy inwoners te help.


Related Posts

See All

Comments


bottom of page