top of page
Charlie Baard

Top-tienertoneelspeler ‘gemaak vir optree’


Daar was nog altyd ’n “klein deeltjie” van haar wat gemaak is vir optree, sê Blyde Schoeman (gr. 11), die landswye wenner van die nuwe Proscenium-dramakompetisie vir hoërskoolleerders.

In ’n onderhoud vertel Blyde dat sy van jongs af (gr. R) lief was vir toneelspel. Sy het eers aan groepsvertonings deelgeneem, maar het later met lesse begin omdat sy ook op haar eie wou drama doen.

Blyde het haar talent ontwikkel deur te oefen, aan kompetisies deel te neem en hard te werk. “Daar is ’n verskil tussen talent en talent met harde werk. As jy talent het, kan dit jou net so ver bring, maar as jy hard werk, kan dit jou soveel verder vat.”

Sy sê mense onderskat hoe baie werk toneelspel is. Om ’n monoloog goed te kan opsê, verg ten minste drie maande se voorbereiding.

Haar harde werk het in Mei gelei tot ’n eerste plek in die Proscenium-kompetisie. Dié dramakompetisie bestaan uit ’n oudisie-ronde, waar spelers ’n gedig en prosastuk moet opsê, en nog vier rondes. In die vier rondes word verskeie aspekte van drama getoets, naamlik: monoloë, radiospel, TV-spel, oorklanking en toneelspel.

Blyde vertel dat sy altyd haar Gideonsbybel by haar hou en dat sy Psalm 23 voor ’n optrede lees. Sy sê sy gee haar beste om haar godgegewe talent te gebruik.

Sy wil graag dankie sê vir haar ma en haar drama-onderwyser, Mnr. Eghard Basson. Oor Blyde se sukses sê Mnr. Basson: “Ek voel dat die variasie in haar stukke (genre en karakters) en haar bekwaamheid in die uitvoerende kunste beslis ’n wenresep was.”

Related Posts

See All

Commenti


bottom of page