top of page
Anika Nel

Sterrejag skitter met ʼn klomp toekennings



Foto: Jaylight Media

Die tienertoneel, Sterrejag, geskryf deur Phillip Rademeyer en regie deur mnr. Eghard Basson en me. Danelle Weideman het talle gehore betower tydens 2024 se tienertoneelseisoen wat ook ʼn optrede tydens vanjaar se Aardklop Kunstefees in Potchefstroom in September ingesluit het. Dié toneel handel oor sewe vriendinne wat in ʼn ondervragingskamer vrae moet beantwoord oor ʼn ongeluk waarin hulle die vorige aand betrokke was. Griekse mitologie, wat slim tussendeur geweef word, en die storie wat ook visueel uitgebeeld deur effektiewe poppeteater (groot popmonsters en sewe duiwe) het saamgevloei in ʼn unieke teaterervaring.


Sterrejag is bekroon met verskeie toekennings. Die produksie verower die toekenning vir die beste nuutgeskrewe teks en beste ensemble by die Reza de Wet Toneelfees in Bloemfontein. Tydens die nasionale Pronk Podium word die toneel as naaswenner aangewys en behaal verder ʼn vierde plek by die FAK-toneelfees wat by die Voortrekkermonument aangebied is. Sterrejag behaal ook ʼn algehele goud by die ATKV-tienertoneelkompetisie.


Sterrejag het ʼn blywende impak gemaak op elke persoon wat die voorreg gehad het om dit te sien.

 

Related Posts

See All

Comments


bottom of page