top of page
Kaitlin Scott

Sonskyn, gees en skaterlag – die swemgala van 2023

Soos per tradisie was die swemgala, wat op Vrydag, 13 Januarie plaasgevind het, propvol sonskyn (en gevolglik baie sonbrandroom), indrukwekkende krete en Helpmekaar se topswemmers. Van die Golden Boys tot die matriek-swem, was 2023 se swemgala een om te onthou.

Matrieks geniet hul laaste swemgala! Foto: Karla vd Westhuysen

Die wit, die goud en die bruin van die drie sporthuise het gepronk op die pawiljoene. Smuts het bos gegaan met hul tema, In the Jungle, en ikoniese kreet, “Smuts of Niks”. Die katjie van die baan was beslis Smuts se gelukbringer.

Oral waar Melle gegaan het, het sirene gevolg. Met hul tema Melle en Selle (oftewel Cops and Robbers) was Melle beslis die coolste huis. Die “m” in Melle staan mos vir mag.


Empire het letterlik en figuurlik van die kompetisie weggery. Empire het by die Formula 1-golf aangesluit en dit as hul tema gekies. Empire het eerste oor die wenstreep gery en het nie net die swemtrofee gewen nie, maar ook die geesbeker.

Een van die gunstelinghoogtepunte van die dag was die tradisionele onderwyserswem (al was dit nie noodwendig hul keuse nie). Natuurlik was meneer Klaus ook deur die matrieks geteiken. Niemand was veilig nie.



Smuts se gelukbringer. Foto: Mia Ludik
Melle se aanloop. Foto: Mia Ludik
Matrieks gooi die onnies in die swembad. Foto: Mia Ludik


Empire op die pawiljoen. Foto: Mia Ludik

















Dit was ’n spesiale dag vir die matrieks – hul laaste swemgala by Helpmekaar. Hulle het dit beslis ’n kernherinnering gemaak. Hulle het hul kosbare oomblik in die son gekry tydens die matriek-swem. Die swembad het behoorlik gelyk asof ‘n reënboog daar binne ontplof het. Daar was ’n glimlag op elke matriek se gesig.

Die dirigente het die hele dag lank die gees gebring. Die Helpie-magic was oral in die lug. Die Golden Boys was beslis die onvergeetlikste moment van die dag. Hulle slaag altyd daarin om elke Helpie te laat lag (en die hardste te skree).

Vanjaar se swemgala was onvergeetlik. Dit is oomblikke en dae soos dié wat Helpmekaar spesiaal maak.



Die Golden Boys gedurende hul optrede. Foto: Mia Ludik




Related Posts

See All

Comments


bottom of page