top of page
Nina Nieuwoudt

Sibbe woeker in swembad

“Swem net vinniger”. Dié woorde van Helpmekaar se skoolhoof, Klaus König, gaan deur haar kop tydens ʼn swemkompetisie, sê Ziné Mostert (gr. 9). Ziné en ouboet Adriaan (gr. 12) stel sedert laerskool in swem belang. Maar, vertel Ziné, sy het toe al by ʼn swemklub begin terwyl Adriaan eers in die hoërskool ernstig begin oefen het.


Hierdie twee talentvolle sibbe oefen nog steeds saam by dieselfde swemklub, en hulle al twee vertel dat hulle nie rêrig teen mekaar kompeteer nie, maar is albei baie kompeterend as dit kom by ʼn galakompetisie.


Een van Adriaan se prestasies was toe hy in 2022 aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior-kampioenskapsbyeenkoms deelgeneem het waar hy vir die 400 meter finaal gekwalifiseer het. Net soos haar ouboet, het Ziné in 2023 sowel as 2024 deelgeneem by die Nasionale kampioenskappe waar swemmers soos Tatjana Smith en Chad le Clos ook deelneem.


Soos elke sport, het swem baie uitdagings. Ziné sê: “Om die swemklere aan te trek kan soms tot tussen 15-20 minute neem – wat nogal stresvol kan raak.” Adriaan vertel dat die vyf minute voor ʼn resies vir hom baie stresvol is, maar ook opwindend. “Dit sal bepaal of jou maande se oefening die moeite werd is,” voeg hy by.


Adriaan wil volgende jaar aanhou swem wanneer hy gaan studeer. Ziné hoop om Suid-Afrika in die swembad te verteenwoordig.

Related Posts

See All

Σχόλια


bottom of page