Alba Kloppers (gr. 10) sing al vandat sy kan onthou en kry sedert graad 1 sanglesse. Sang is haar passie en ’n toekoms in professionele sang is verseker ’n opsie wat sy in haar agterkop hou.
“My gunsteling-Engelse sanger moet Tate McRae wees, ek hou baie van haar musiek, en in Afrikaans bly my gunsteling beslis Riana Nel,” vertel Alba. Haar gunstelinggenre om te sing is definitief Jazz en R&B, iets wat nie baie mense weet nie. Haar lekkerste liedjie om te sing is At last van Etta James, omdat dit vir haar ’n uitdaging was toe sy dit geleer het.
Alba het in die April-vakansie haar eie liedjie, Tydbom, op haar YouTube-kanaal uitgereik. Die liedjie is deur Janie Bay, Hunter Kennedy en Alba geskryf. Gevra waaroor die liedjie gaan, antwoord Alba, “Dit is om vir mense te sê dis okay om somtyds net weg te loop van ‘n situasie waarin jy nie gemaklik voel nie, of waar jy selfs nie meer vriende met daardie persoon wil wees nie.” Om die liedjie op te neem was een ongelooflike proses, en Alba het soveel meer van musiek geleer.
Berdrywig, is Alba beslis. Sy skryf nog meer van haar eie liedjies, en tree by verskeie konserte op. Sy het selfs vir ’n konsert van Steve Hofmeyr geopen met ’n gehoor van 20 000 mense. Gaan besoek gerus Alba se YouTube-kanaal, en ondersteun ons mede-Helpie!
Comments