top of page
Simonne van der Vyver

Oud-Helpie strewe om die omgewing te ontgif

Dit is altyd baie opwindend om te hoor van ʼn oud-leerling wat hulle vlerke wyd sprei. Simoné Heyneke het in 2019 gematrikuleer en het pas haar BSc Honneurs ontvang in Aquatic Ecosystem Health and Management (cum laude). Sy is tans besig met haar Meesters in Ekotoksikologie.


Volgens Simoné is Ekotosikologie 'n fassinerende veld wat die uitwerking van besoedelende stowwe op ekosisteme ondersoek en “uit verskeie wetenskaplike velde soos biologie, chemie, toksikologie, ekologie en omgewingswetenskap bestaan. Hierdie interdissiplinêre benadering stel navorsers in staat om die komplekse interaksies tussen besoedelingstowwe en ekosisteme te verstaan” sê sy.


Ekotoksikoloë, vertel Simoné, gebruik sekere plante, insekte of waterspesies - bekend as “bio-aanwysers” - om die kwaliteit van ʼn omgewing te bepaal, met ander woorde om te sien hoe besoedel ‘n omgewing is. Hierdie organismes, is “sensitief vir besoedelstowwe en kan die teenwoordigheid en erns van omgewingsbesoedeling aandui.”  Sy beklemtoon ook dat besoedeling geen grense ken nie en dat Ekotoksikoloë dikwels saam aan globale omgewingskwessies werk.


Simoné sê dat haar pad na sukses reeds by Helpmekaar begin het. Sy mis haar skooldae en dit is juis hier waar sy die vaardigheid geleer het om elke dag hard te werk en dit deel van haar roetine te maak. Sy het geleer om haar tyd te bestuur sodat sy ook tussendeur pret kan hê. Sy noem ook dat Helpmekaar haar geleer het om ouer mense, asook diversiteit, te respekteer. “Die belangrikste ding wat ek by Helpmekaar geleer het was om net jouself te wees en jou beste te gee in alles wat jy doen.”


Wat mis sy die meeste? “Die Produksie en die manier waarop almal net omgee en daar is vir jou as ‘n mens met ‘n probleem sit.”


Ons is opgewonde om te sien waarheen Simoné se studies en daaropvolgende loopbaan haar sal vat!


Related Posts

See All

Comments


bottom of page