top of page
Simonne van der Vyver

Neon Genesis Evangelion: fenomeen of vermy?

Neon Genesis Evangelion is ‘n reeks wat reeds in 1995 geskep is. Die reeks se genre bied iets van alles. Dit kombineer animasie, anime, mecha anime, aksie-fiksie, riller en apokaliptiese en post- apakoliptiese fiksie. Dit word ook deur baie gereken as ‘n pop kultuur-fenomeen. Die vraag is egter, is die fenomeen vir ons almal? 


Die verhaal sentreer om 'n teruggetrokke seun, Shinji Ikari, wat op 'n dag deur 'n vrou, Misato Katsuragi, gered word tydens 'n aanval deur die monsters genaamd “Engels.” Sy vertel hom dat hy sy eie pa, Gendo Ikari, by sy hoofkantoor sal ontmoet. Nadat hy daarheen geneem is, besef hy egter dat sy pa, saam met ander mense, een van die bestuurders van die masjiene is wat hierdie monsters beveg en keer. Dit is egter interessant dat die masjiene soms lyk asof hulle hul eie koppe volg, sonder om direkte bevele te gehoorsaam. Dit skep 'n raaiselagtige en onvoorspelbare dinamika in die stryd teen die monsters. Met die voortsetting van die reeks, kom die vraag na vore oor die identiteit van die hoofkantoor, die masjinerie, en die monsters. Daar word ook gefokus op die waarde van elke lid binne die kantoor.

 

Hierdie anime-reeks het kritiese lof ontvang en word wyd beskou as een van die grootste anime-reekse van alle tye. Dit was egter ook onderwerp van kontroversie, veral aangaande die laaste twee episodes, waarvan die einde deur baie kykers en kritici as verwarrend en abstrak beskou is Die reeks is ook baie kontroversieel, wat op ʼn donker manier die impak van bio-ingenieurswese en kunsmatige intelligensie voorstel.

Die reeks word aanbeveel vir diegene wat van kontroversiële temas hou of die onderwerp van kunsmatige intelligensie interessant vind. As onderwerp van die intelligensie of die idee van iets wat kontroversieel is egter ʼn ongemak veroorsaak, hou eerder verby.


(Bron van ekstra inligting: google se kennispaneel oor Neon Genesis Evangelion)

Related Posts

See All

留言


bottom of page