top of page

Kultuuraand vol nuwe talent

Redaksie

Iets wat Helpmekaar verseker in oorvloed het, is talent. Moet ook nie dink dat dit slegs die dogters is nie, die Helpie-seuns staan vir niks terug nie. Dit is net weereens bewys by Donderdag 27 Mei 2022 se kultuuraand.


Helpmekaar Kollege spog trots met kultuuraande wat een aand elke termyn gehou word. Verskeie Helpies het hulle talente ten toon kom stel, van gedigte voordra tot die opvoer van Pirates of the Caribbean se temalied op die klavier. Die saal was propvol gepak, almal nuuskierig om die nuutse talent te sien. Gereël deur ons eie onderwysers en die orkesleier, mnr. Pieter Mclea, is dié aand een wat jy beslis nie wil misloop nie.


Alle leerlinge van al vyf die grade neem deel en hulle geniet dit vreeslik om op te tree voor ‘n gehoor vol afwagtende mense. Die treffer van die aand was die seuns (gr. 9 tot gr. 12) wat gedigte voorgedra het. Die gedigte het gehandel oor die lewe van 'n tiener tydens hul hoërskoolloopbaan. Die gehoor het dit vreeslik geniet en dit was 'n uitstekende manier om vir ‘n slag die seuns by die aand betrokke te kry. 'n Gereelde ondersteuner, Me René Schoeman sê hieroor: "Die kultuuraand was ietsie nuuts van wat verwag was. Nuwe gesigte het hulself gewys en ons is net weer getref met die ongelooflike talent van die Helpies."


Vir die leerders wat deelneem is dit 'n besonderse geleentheid om baie nuwe dinge te ontdek. "Vir my was die kultuuraand ‘n aand om weer nuwe mense te ontmoet, my tipe mense. As mens agter die verhoog staan en jou senuwees vreet jou op, is dit die mense wat verstaan hoe jy voel wat jou kalmeer," sê Blyde Schoeman (gr 9).


Deoné Mouton (gr. 8) deel: “Dit was vir my ‘n groot voorreg en goeie ondervinding om ‘n pragtige aand saam met my mede talentvolle Helpies te deel!”


Dit wys jou net, moenie weer 'n kultuuraand misloop nie! Wie weet, miskien is die volgende Charlize Theron teenwoordig.



Related Posts

See All

コメント


bottom of page