top of page

KERNREDAKSIE 2021

Vraag en antwoord


Helpmekaar is 'n skool met so baie tradisie en trots. Wat van Helpmekaar sal jy altyd koester?





Megan Saaiman:

Daardie hondervleis gevoel wanneer elke Helpie mekaar omvou met passie en liefde terwyl ons uit volle bors die skoollied sing sal altyd by my bly. Die wete dat jy deel is van een groot familie wat vir mekaar leef en duisende stemme wat saam "KOMAAN, KOMAAN" uitbasuin is werklik 'n onbeskryflike belewenis!

Nina Germishuysen:

Helpies is uniek in die sin dat hier ‘n perfekte balans is tussen sterk, gesonde kompetisie en dat elke Helpie wérklik sy plek in die son gegun word. Die ondersteuning wat die Helpie-ketting bied is onbreekbaar - deur dik en dun is jy nóóit alleen nie!


Anika de Beer:

“Together forever, the Helpie Army, will rise victorious, again and again!”

Dit is dié woorde van “school of Helpies” wat vi rewig by my sal bly.

En dan wat ek altyd sal koester? Wel, dit is heel eenvoudig… by geesvang, graadtoere of sommer net in die gange. Die Magic!


Related Posts

See All

Comments


bottom of page