top of page
Redaksie

In die kollig: Hoofdogter gesels

Daniël Basson gesels met die inspirerende McKayla Roesch.


Wat is die spesiaalste oomblik vir jou sover deur die loop van jou hoërskool loopbaan? Wat het dit vir jou beteken?

Toe ek saam met my vriendinne die Modeparade kon doen. Dit was baie lekker gewees en het ‘n mens selfvertroue gegee om buite jou gemaksone te wees.


Wat was jou eerste gedagte toe jou naam afgekondig was as hoofmeisie?

Ek het nie veel gedink nie. Ek was so oorweldig en in skok dat ek nie geweet het of dit werklik gebeur of nie.


Hoe het dit gevoel toe jy as Welpie vir die eerste keer die die skool se hekke geloop het? Watter raad kan jy aan toekomstige Helpies gee oor hul gr. 8-jaar?

Ek was in verwondering. Ek het nooit gedink dit is moontlik vir ‘n skool om só mooi te wees nie, maar ek was ook baie bang vir die reus van ‘n skool wat vir my wag. My raad aan enige welpie sal wees: Wees net jouself, maak die regte vriende en doen alles wat jy moontlik kan, want dit is waar jy jou ware self ontdek.


Wat is drie dinge wat jy voel almal moet ervaar by Helpmekaar deur hul hoërskoolloopbaan?

‘n Interhoër, ‘n produksie-finale, en die gees by ‘n rugbywedstryd.


Hoe dink jy pas ons leuse, “Komaan”, by ons skool en waardes? Dink jy dit is gepas?

Ek dink dit pas by ons skool omdat dit pas by die tipe mense wat in ons skool is. Die skool eis baie van mens, so natuurlik gaan jy soms wil tou op gee, maar met die regte helpies om jou en om net te sê, “komaan, jy kan dit doen”, kan jy enigiets bemagtig en dit maak jou hoërskoolreis net soveel makliker.

 

McKayla het ook op instagram met ons gesels: McKayla gesels

 

Related Posts

See All

Comments


bottom of page