top of page
Chantlize Nell

Helpies vertel: As ek in ‘n boek kon leef…


Anke Vlok (gr. 8)





Ek sal die karakter Fenna wil wees, omdat ons albei byna dieselfde eienskappe het.

[The unadoptables; Hana Tooke]












Ralph Wellman (gr. 8)






Ek sou die karakter Bluebear wou wees, want hy geniet talle reise deur sy land, en ek dink ek sal dit baie geniet.”

[The 13 and a half lives of Captain Bluebear; Walter Moers]












Wian Britz (gr. 9)






Ek hou van die karakter Eragon se manier van dink en doen. Hy probeer altyd om ander te help met ‘n goeie gesindheid.

[Eragon; Christopher Paolini]












Denike Borman (gr. 9)




As ek enige karakter in ʼn boek kon wees sou ek graag Elle wou wees, omdat sy haarself as hoofmeisie bewys by Hoërskool Gravitas ten spyte van al haar struikelblokke. Sy het ʼn verskil in elkeen se lewens gemaak. En ek wil graag ook ʼn verskil maak in ander se lewens.

[Droomkans; Christien Neser]










Gabby Pornalis (gr. 10)






Ek sou graag Scarlett Dragna wil wees, omdat dit ʼn avontuur en wonderlike ervaring sou wees om deel te wees van die towerkrag wat so naby aan realiteit is.

[Caraval; Stephanie Garber]













Emile du Toit (gr. 10)





As ek enige karakter uit enige boek kon wees, sou ek Mercutio wees, want hy is snaaks, skerp, optimisties en ʼn goeie vriend. Dit sou ook interessant wees om te sien hoe dit was om in dié spesifieke tydperk te leef.

[Romeo and Juliet; William Shakespeare]









Henri Britz (gr. 11)





Ek sou graag Harry Potter wil wees, want hy ervaar buitengewoon moeilike omstandighede, maar as gevolg van sy vriende en sy waardes wen hy altyd op die ou end. Dit is graag hoe ek wil wees in die werklike lewe.

[Harry Potter; J.K. Rowling]










Michelle Cilliers (gr. 11)





Die karakter Olive Smith se persoonlikheid is ongelooflik. Sy gee nooit op nie en sy is die definisie van sonskyn. Ek leef met dieselfde ingesteldheid.

[The love hypothesis; Ali Hazelwood]











Ludwig M. Venter (gr. 12)






Ek sal die karakter Rudolf Dreyer wil wees, omdat die trekboere van daardie tyd erge dinge verduur het, maar eenvoudig geleef het en groot belonings ontvang het. Hulle het ook nader aan die natuur gelewe as ons.

[Geknelde land; F.A. Venter]











Aldoné Kok (gr. 12)





Ek sou graag Saartjie wou wees. Haar lus vir die lewe, die planne wat sy beraam en die avonture waarop sy en haar vriende gaan, het my al in graad 1 mal gemaak oor Saartjie. Twaalf jaar later dink ek steeds sy is een van die beste boekkarakters en ek sal enige tyd in haar skoene wil staan.








Mnr. MJ Scholtz






Ek kies Atticus omdat hy hoë morele waardes het, empatie toon teenoor sy medemens, en baie integriteit het – hy veg vir dit wat reg is.

[To kill a mocking bird; Harper Lee]










Me. Marlene Roets






Die karakter Saul Barnard, want hy kry dit reg om meer as net ʼn produk van sy omgewing te word. Hy is rotsvas in sy oortuigings rakende ongeregtigheid en vreesloos in sy worsteling met homself.

[Kringe in ʼn bos; Daleen Matthee]

Comentários


bottom of page