top of page
Sophia Venter

Geen keer aan gr. 11-ruiter

Danielle Wilkinson moes haarself al oortuig om weer op ’n perd te klim ná ’n “verskriklike slegte val”. Sy vertel Sophia Venter van die lekker en sleg van ruitersport.

 

Watter afdelings is daar in ruitersport? Het jy ’n gunsteling?

Die twee hoofafdelings is show jumping [perdespringsport] en dressage [dressuur]. My gunsteling is show jumping.


Wat is jou perde se name?

Ek het twee perde. My perd waarmee ek spring se naam is Sugarman en dan is my dressuur-perd se naam Assegai Valour.


Hoe bou ’n mens ’n verhouding met ’n perd?

’n Goeie verhouding met jou perd is baie belangrik om goed te kan doen. Deur net baie tyd met hulle te spandeer leer hulle om jou te vertrou en julle leer mekaar ken.


Sou jy sê jou perde het verskillende persoonlikhede?

Ja beslis. My springperd het ’n baie uitgaande persoonlikheid terwyl my dressuurperd rustiger is.


Jy het op agt jaar met perdry begin. Was daar ’n laagtepunt in jou loopbaan? Hoe het jy dit oorkom?

Ja, ek het beslis al ’n paar laagtepunte gehad. Ek val gereeld en dit is nie altyd maklik om net weer aan te gaan nie. Ek het so ’n ruk terug ’n verskriklike slegte val gehad waar ek harsingskudding opgedoen het. Ek was baie bang om daarna weer op ’n perd te klim, maar my liefde vir die sport en die perde het my gehelp om te kom waar ek vandag is.

 

Related Posts

See All

Comments


bottom of page