top of page
Kayla Wolfaardt

Die gawe van gee: Wat is die impak op die Helpies se lewens?

Die Helpies het in 2024 verskeie kere by die leerders van Hope School gaan kuier as deel van Helpmekaar se Uitruikprogram. Kayla Wolfaardt gesels met hulle hieroor.


“Die impak wat die Uitreik sover op my gehad het: was comforting as ek dit so mag stel. Dit bring my soveel geluk dat hierdie kinders gelukkig is en ons deel

kan wees daarvan.”

  • Nina Nieuwoudt (gr. 10)


“Die Uitreik het my oë oopgemaak, my laat waardeer wat ek het en die liefde wat

ek vir mense het net nog meer gemaak.

  • Aidan Labuschaigne (gr. 10)


“Ek is gelukkiger vandat ek by die Uitreik kan help. Om te sien hoe gelukkig die kindertjies is wanneer ons daar is en dat ons ’n verskil in mekaar se lewe maak.

Ons help nie net in die proses om die skool te verbeter nie, maar ook onsself.

Om vir hulle ’n lekker skoollewe te gee, maak my net so bly! Om by Hope

School te sien hoe bly en vriendelik die kindertjies is, maak my dag, al het my

dag hoe sleg begin. Hulle glimlagte maak my dag net beter! “

  • Amor Janse van Rensburg (gr. 8)


“Ek voel die Uitreik help my baie om terug te gee aan die gemeenskap en boonop hou dit my gebalanseerd.”

  • Nicola Hoeksema (gr. 8)




“Die Uitreik is so amazing vir my, ek voel soos ’n nuwe mens met nuwe perspektief. Ek dink ons maak so groot verskil in die kinders se lewe deur net daar te wees en eenvoudig net te glimlag. Dit gee my elke dag net meer en meer HOOP om te sien hoe ongelooflik positief, dankbaar en tevrede hulle is. Ek voel ons kan so baie by hulle leer. Ek voel elke keer asof enigiets kan aanpak in die lewe, want om ’n gesiggie te sien glimlag en te weet dat jy een van die redes is, laat jou voel jy kan die hele wêreld omdraai!”

  • Leané Stahmer (gr. 10)


“Dit wys watter verskil ons in ander se lewe kan maak. Hulle gelukkige gesiggies,

en hoe hulle gesigte sommer begin straal sodra ons instap, laat jou rêrig dink

aan hoe jy moet reageer en hoe jy mense se emosies positief kan verander.

Dis ’n wonderlike lewensvaardigheid.”

  • Leonie du Preez (gr. 10)


“Die Uitreik het ʼn groot impak op my gehad. Dit het my geleer, dit maak nie saak wat

 in jou lewe gebeur nie, jy het steeds ’n rede om te smile. Een van die dogtertjies

in die koshuis by Hope School het vir my gesê: “just because something bad happened to me, doesn’t mean I can’t live my life and not smile. I am who I am because of my accident.” Dit het my laat besef ons moet ophou dink wat mense van ons dink of sê en net leef!

  • Zoë Fuller (gr. 11)

留言


bottom of page