top of page
Karla Prinsloo

Die gawe om musiek te maak

Die Helpie-orkes is ʼn spesiale groep mense wat nie na guns of eer kyk nie, maar bloot vir die liefde vir die saak die lang ure insit om die universele taal van musiek met almal te deel. “Die een ding wat my na al die jare steeds beïndruk is die Helpie-musikante se vermoë om alle verwagtinge te oortref. Die laaste repetisie voor ʼn optrede kan my maar altyd ’n bietjie bekommerd laat, maar wanneer die optrede gebeur, skop die konsentrasie in – en het ek al geleer om dit te vertrou,” vertel Peter McLea, die orkesmeester.


Lienke Olivier (gr. 8 – viool) beskryf haar eerste jaar in die orkes as ʼn merkwaardige ervaring. Haar heel gunstelingdeel is dat sy die voorreg het om goeie musiek met besondere talentvolle mense te maak. Peter verduidelik dat hy altyd die musiekstukke probeer interessant hou (vir die musikante sowel as die gehoor.) Sy benadering het wel al oor die jare verander. Tans probeer hy om 'n balans van genres te verkry – iets uit die flieks, iets gewild, iets uit die klassieke repertorium, iets Barok, ensovoorts. Verskeie kere word die lede van die orkes ook self gevra vir voorstelle van musiek wat hulle graag wil speel en dan word daar eerstens gekyk na wat prakties is en dan wat in hierdie balans kan werk.


“Ek dink soms mense besef nie hoeveel daar in 'n uitvoering van 'n orkes ingaan nie. Baie beplanning en tyd. Mense besef ook dikwels nie hoeveel pret dit is en hoe  lonend dit kan wees om saam met ander musiek te maak en dit met ʼn gehoor te deel nie,” sê Peter.

Related Posts

See All

Comments


bottom of page