top of page
Daniël Basson

Deutschland ist zu Besuch bei Helpmekaar!


Jil Maaß is naby aan die einde van haar 1-jaar FSA Youth Exchange-program, en sy gaan tans skool hier saam ons by Helpmekaar. Gebore in Hamburg – in die noorde van Duitsland – het sy al in Julie 2022 Suid-Afrika vir die eerste keer as ‘n uitruilstudent besoek vir ses weke. “I loved it so much in the Rainbow Nation that since the day I got back home to Germany, I just wanted to go back,” vertel sy. Een jaar later kom sy terug Suid-Afrika toe – dié keer bly sy vir ‘n jaar. “Besides the beautiful landscape and wonderful school spirit, I mostly came back because of the people,” verduidelik sy.


Jil het aan die begin van termyn 2 by Helpmekaar aangesluit, en die Helpie-familie het haar dadelik laat tuis voel. “I love the school’s spirit. Everyone seems to like each other, and everyone has a friendly face when you walk through the halls.” Haar gunsteling unieke Suid-Afrikaanse ervaring is sokkie. “I have learned that dance here and I think it is so much fun,” sê sy, “I realised that you sokkie on a lot of occasions and I enjoy that very much.” Sy het al baie van Suid-Afrika besoek. Van haar gunstelingreise is as volg: die Kaapse berge en -see, branderplankry in Durban, en die wild van die Kruger Nasionale Park. 


Tydens haar tyd in Suid-Afrika het sy baie nuwe dinge geleer: soos om nie op robotte staat te maak om groen te word nie en om altyd versigtig te wees vir taxi’s. “They don’t care about you!” Tog, met uitruil, kom baie heimwee: sy mis Duitse brood en ook die vryheid wat Duitsland haar bied. “In my hometown of Hamburg, I can do a lot of things more on my own: like using public transport or riding my bike alone. I miss walking on the streets without fear.” Sy besef egter ook die Duitse voorreg om te alle tye met krag te lewe – iets wat sy defnitief mis. Sy beskryf dit met haar gunstelingfrase ‘Jetzt haben wir den Salat’ – wat beteken ‘nou is alles ‘n gemors.’


Jil het deurlopend baie lief vir Suid-Afrika geraak: “My favourite thing about South Africa is the people. Everyone is so friendly and open-minded. They are very social and welcoming.” Dit verskil egter van Duitsland: sy beskryf hoe die Duitsers baie uitgestres is, veral as iets nie stiptelik is nie. Sy sê dat Suid-Afrikaners dinge rustiger neem.


“South Africa has taught me not to worry about little things. It doesn’t help you whatsoever. Live in the moment and make the best out of everything.”

Related Posts

See All

Commentaires


bottom of page