top of page
Christi Lourens

Dansster skitter in Kroasië

Taylor Lewis (gr. 10) dans al sedert sy vier jaar oud is. Sy vertel van haar dansloopbaan en hoe dit was om Suid-Afrika onlangs in Europa te verteenwoordig.

Hoe het jou belangstelling in dans ontstaan?

Ek het my eerste dans klas baie geniet en nog altyd ’n passie daarvoor gehad.

Watter tipe dans geniet jy die meeste?

Ek doen jazz en hip-hop. Hip-hop is my gunsteling.

Wat is jou gunstelingoomblik in dans?

My gunstelingoomblik is wanneer ek op die verhoog is.

Hoe balanseer jy jou sportverpligtinge en jou persoonlike lewe?

Ek het ’n skedule wat help om my persoonlike lewe van my dansloopbaan te skei.

Wat was die grootse uitdaging wat jy in jou dansloopbaan moes oorkom?

Om verskriklik baie tyd eenkant te sit vir my dans.


Wat is die beste advies wat jy vir mense kan gee wat ook dié prestasie wil behaal?

Hou aan oefen en gee jou beste. Moet nooit opgee nie.

Wat is jou doelwitte vir die toekoms?

My doelwitte is om professioneel te dans of ’n dansonderwyseres te word.

Related Posts

See All

Comments


bottom of page