top of page
Redaksie

Besige broer en suster toor met tyd

Twee is mos beter as een – veral as albei so talentvol soos Coenraad en Lienke Olivier is! Lienke is ‘n gr. 9-leerder wat deel is van die koor, orkes, debatspan en die Helpie-Flitse-redaksie. Sy neem deel aan redenaars en is in die akademiese top-10. Coenraad is ‘n matrikulant wat nes sy sussie deel is van die redaksie en orkes, en sy punte is boonop uitstekend. Adam Korb, het die sibbe oor hul besige lewens uitgevra.



Lienke Olivier (gr. 9) woeker met haar talente.

Lienke, waarom neem jy aan soveel aktiwiteite deel?

Ek’s mal daaroor om geleenthede aan te gryp. Van die aktiwiteite doen ek vir die sosiale aspek - om meer tyd met my vriende te spandeer.

Hoe maak jy tyd vir alles?

Beplanning is ‘n legkaart wat elke dag gebou moet word. Ek glo dis nie net belangrik om jou aktiwiteite en leerwerk te beplan nie, maar om ook vryetyd vir jouself te beplan. As ‘n mens nie vryetyd het nie, gaan jy kort voor lank uitgeput en uitgebrand wees.

Wat hou jou die besigste na skool en wat is vir jou die lekkerste?

Helpmekaar hou my die besigste! Ek is maar van week tot week besig met verskillende aktiwiteite. Ek geniet die orkes vreeslik baie. Dis ʼn groepie lekker mense met wie ek baie noue bande het. Ons het vele grappies wat net ons verstaan en dis lekker om saam as ʼn groep te kan werk en net die glimlagte op mense se gesigte te kan sien.

 



Coenraad Olivier was in 2023 redakteur van die Helpie-Flitse.

Comments


bottom of page