top of page
Jaiden Henning

Bemeester jou leerstyl vir akademiese sukses

Leer is een van die mees universele aksies van die een-en-twintigste eeu. Maar het jy geweet dat daar verskillende manier van leer is? Dat jy miskien ʼn ander leerstyl het as die van jou vriende en familie?


Volgens Vanderbilt University se Center for Teaching, is daar meer as 70 verskillende tipes leerskemas. Volgens hul studie is daar bevind dat daar egter vier maniere is waarop mense die beste inligting inneem:

  • visueel,

  • gehoor,

  • verbaal [lees/skryf] en

  • kinesteties


Die visuele tegniek is gebaseer op, soos wat die naam aandui, die inligting lees en as diagramme beskou. Visuele leerders is die mense met die mees waarskynlike vermoë om ʼn fotografiese geheue te hê. Volgens Show me images se Getting to know visual learners artikel, onthou visuele leerders 75% van die informasie wat hulle lees. Hulle raad aan die leergroep is as volg:

  • kyk na opskrifte en prente voordat jy hele sinne lees

  • beklemtoon belangrike woorde in kleur en

  • skryf doelwitte van projekte neer


Die volgende groep van belang is die wat deur middel van gehoor leer. In die berig Tips for Auditory Learners deur studente van Tacoma Community College, word daar uitgelig dat dié groep mense die beste leer deur informasie oor en oor te hoor. Hulle leer dus die beste deur na stemopnames van lesse te luister, met hulself te praat of inligting hardop te lees. Raad aan dié groep kan as volg opgesom word:

  • Neem lesings op indien moontlik en luister na opnames terwyl jy besig is met 'n ander aktiwiteit (oefen, bestuur, studeer, ens.).

  • Luister aandagtig tydens lesse vir begrip en skryf aantekeninge onmiddellik na die klas neer. Dit is dalk 'n goeie idee om saam met 'n klasmaat te werk wat 'n visuele leerder is om jou notas te vergelyk.

  • Sê formules of definisies hardop op wanneer jy studeer.


Die derde groep is verbaal en leer die groep die beste deur te lees en te skryf. Leerders wie die beste verbaal leer, leer deur woorde wat hulle lees, nie net deur dit wat hulle hoor nie. Raad aan die groep kan as volg opgesom word:

  • Maak seker dat jy skriftelik en mondelings leer, aangesien verbale leerders heel waarskynlik met prente of diagramme sal sukkel.

  • Lees boeke hardop.

  • Maak elke dag 'n lys van nuwe woorde saam met hul klanke en betekenisse.


Laaste maar nie die minste nie is die kinesteties leerders. Hougton University lê klem daarop dat hierdie leerders verkieslik moet beweeg terwyl hulle leer. Hulle moet rondloop of skryf terwyl hulle leer. Vir hulle werk die volgende:

  • Kou kougom.

  • Tik jou voet of potlood.

  • Bestudeer in 'n wiegstoel.


Om te bepaal wat jou spesifieke leerstyl is kyk die volgende video: Discover Your Learning Style - YouTube. Jy kan ook die volgende vraelys voltooi: VARK Learning Style Questionnaire: How do you learn best? (vark-learn.com) om jou leerstyl te bepaal.




Related Posts

See All

Comments


bottom of page