top of page
Lize Bouwer

Balans bepaal sukses

Meeste tieners sal veel eerder met hul vriende kuier as studeer, en as gevolg van hoë akademiese druk en verwagtinge, vind tieners dit moeilik om ‘n gesonde balans te handhaaf.  Sosialisering is die sleutel tot individuele ontwikkeling en navorsing bewys dat tieners met positiewe sosiale konneksies nie net gelukkiger is nie, maar ook fisies gesonder (Nasionale Instituut van Gesondheid, 2020). Dit is daarom van uiterse belang vir jou persoonlike welstand sowel as akademiese sukses om ‘n gesonde balans tussen akademiese verantwoordelikhede en sosiale lewe te handhaaf. Hier is ‘n paar wenke:


1.     Beplan jou tyd effektief: Skep 'n realistiese en gedetailleerde skedule wat beide studie-ure sowel as tyd vir ontspanning insluit. Dit verseker dat jy by als uitkom sonder dat jy oorlaai is met werk.


2.     Stel prioriteite: Identifiseer belangrike take en bepaal jou prioriteite. Fokus eers op dringende en belangrike opdragte, en gee daarna voldoende aandag aan elke vak.


3.     Kweek gesonde studiegwoontes: Gebruik effektiewe studiemetodes soos opsommings, “mind mapping”, gebruik van e-skool asook memoriseringstegnieke. Klop gerus by die Kinderleidingsentrum aan indien jy raad benodig oor studiegewoontes.


4.     Wees bedagsaam oor sosiale verpligtinge: Let op die hoeveelheid tyd wat jy aan sosiale geleenthede bestee. Moenie te vinnig ja sê vir elke uitnodiging of geleentheid nie. Kuiers en ontspantyd is belangrik, maar dit moenie 'n jou aandag aftrek van wat belangrik is nie.


Breektye is belangrik: 'n Uitgeputte brein presteer nie optimaal nie en selfsorg moet dus 'n prioriteit wees. Gee jouself voldoende tyd vir rus en ontspanning deur kort breuke tydens studiesessies te skedu

Related Posts

See All

Comentarios


bottom of page