top of page
Carla Kwakernaak

Agter die vlam



As ‘n rooikop het ek al verskeie vreemde mites, legendes, byname en vrae teëgekom. Sommige van die mites wat ek vreeslik interessant gevind het, was dat rooikoppe in vampiere verander nadat hulle sterf of dat hulle bonatuurlike kragte besit. Hoe meer mense ek ontmoet, hoe meer besef ek dat baie mense ‘n wanpersepsie van rooikoppe het. Die mees algemene stereotipes van rooikoppe is byvoorbeeld dat “alle rooikoppe van Ierse afkoms is” (daar is egter meer in Skotland) of seker die mees bekende een, “alle rooikoppe het ‘n kort humeur.” Ek het ook al ‘n paar kreatiewe byname teëgekom naamlik: Carrot, Ginja Ninja, Hot Head, roes ens.


Wetenskap van rooikoppe:


Slegs 1–2% van die wêreldbevolking het natuurlike rooi hare. Die ontstaan van rooi hare is die gevolg van die mutasie van die MC1R-geen. Hierdie mutasie verskaf die hare en vel met meer feomelanien as eumelanien (gene verantwoordelik vir jou vel, hare en oë-kleur) wat beide die voorkoms van rooi hare en sproete tot gevolg het.


Interessante feite:

Produseer eie vitamiene D: Rooikoppe benodig nie dieselfde hoeveelheid sonlig as ander nie omdat hulle meer vitamiene D kan produseer wanneer hulle direkte sonlig ontvang as mense met ‘n ander haar kleur.


Vatbaar vir die uiterste temperature: Die mutasie van die MC1R-geen het ook ‘n impak op die gene wat verantwoordelik is vir die aanvoeling van temperatuur verandering. Dus is rooikoppe (veral vrouens) geneig om die kleinste temperatuur- verandering op te let.


Ervaar pyn anders: Hoewel rooikoppe meer sensitief teenoor sommige pyne reageer en meer narkose of ander verdowingsmiddels tydens operasies benodig, word daar deur sommige studies bespiegel dat hulle wel ‘n hoër pynverdraagsaamheid het.


Skaars kombinasie: blou oë en rooi hare is die heel skaarste kombinasie van alle haar- en oogkleure.


Bekende Rooikoppe:


Cleopatra, Nicole Kidman, Julianne Moore, Emma Stone.

Comments


bottom of page